Thursday, May 27, 2010

Brief van Angola!



Liewe Gebedsvriende


23 Mei 2010

Ek tans besig om ʼn boek van Francine Rivers te lees ,oor die Profeet Amos en so saam lees ek die boek Amos in die Boodskap.ʼn Stukkie wat my nogal getref het en aan die bid en bedink het is die volgende:”God was holding the nations accountable for what they’d done against His people,but He would also hold His people accountable for the way they live before the nations”…..en dit is mos ook waar vir ons as ingeente lote …”.He has chose us and has called us to be unique,an example to all nations…all people “…..sommer net so onder die induk hoe belangrik dit is om gereeld ʼn mens se manier van leef te evalueer deur Sy oë.

Luanda
Ons was baie bederf tydens ons wees in Luanda vir die lasste 2 weke in April,veral deur die persone wat deel uitmaak van ons selgroep daar.Vir my persoonlik ,ʼn moeilike tyd gewees om wakker te word en nie ons Angolese mense te hoor of te sien nie.

Vir Tiago was dit ʼn stukkie uit die hemel…kon sokker opleiding kry sam met die kinders van die Internasionale skool in Luanda ,ʼn baie cool skool!!!!,hy kon slaap by 2 van sy Suid –Afrikaanse maats,Herman en Charles en hy kon DS TV kyk en “grand” bly om nie te praat van al die lekker kos van Tannie Julianna wat hy ook op die koop toe gekry het nie.

Vir Wessel was dit ʼn tyd van dokkumentasie en dokkumentasie asook om die een na die ander afspraak na te kom met die verskillende pastore.

Grond in Luanda !!!!

Bly asseblief saam met ons bid,weet ons sê dit elke keer ,maar dit is waar : Ons gee defnitiewe tree vorentoe om die aankoop van die grond te finaliseer en die tree raak al groter .Bid asseblief in die besonder vir Rosa wat dit moet handteer namens ons,veral vir wysheid en onderskeiding en vir beskerming teen enige vorm van korrupsie.

Sodra ons die grond het sal ons moet stene aankoop om die “containers “ wat ons ontvang het en wat nog na die perseel vervoer moet word toe te bou sodat dit kan dien as kantoor,akkommodasie en bedieningsfasiliteit.Bid asb. saam met ons vir die nodige finansies wat ons daarvoor sal benodig en ook vir hande om te help bou.Arbeid is baie duur !!!!!

Pastoor Morais:

Hy is alreeds vir ʼn paar jaar aan ons bekend en ons ag ons vrienskap met hom kosbaar.Ons het ervaar dat dit reg was om hom te nader om die Here te soek om saam met ons te werk aan God se Konnkryk hier.Hy is tans besig om ʼn meisie in Brasilie wat hy daar leer ken het met sy besoeke te nader om met hom te trou en dus ook aan haar die uitnodiging te gee om saam met hom by ons aan te sluit.Ons is intens bewus van die belangrikheid dat God dit self aan hul sal kom bevestig en so ook aan ons.Hy het ʼn besonderse visie om sy mense te mobiliseer vir Sending,wat ook ons hart is.Bid asb. saam met ons en hul vir die Here se bevestiging van hul roeping met ons.

Groot was my vreugde toe ek weer ʼn werkswinkel kon aanbied vir al my Sondagskool personeel in Luanda en was baie bemoedig met hul volhardende “commitment”.My vreugdeskoek het ʼn kersie bo-op gekry toe Francisco en sy pasgetroude bruid,Bia, ingewillig het om te help met die kinderklub wat ons daar in die buurt waar ons gebly het aan te bied ,veral nou in die afwesigheid van Frans wat nie meer in Luanda is nie en ek wat net dan en wan daar kan wees.Chileshe wat die kinderwek daar koőrdineer is vir by ʼn besonderse bate,asook Sandra.

Mario en Chileshe:

Mario tans in Amerika waar hy besig is om Landbou met ʼn beurs wat hy gekry het vir 4 jaar te bestudeer en soos jul sekerlik kan onthou het hy in Desember vir Jesaus aangeneem as sy Verlosser.Hul is besig met Chileshe en hul dogter Natashe se dokkunmentasie en sodra dit in orde is sal hul 2 by hom aansluit in Amerika.In Augustus kom hy weer Angola toe vir vakansie en dan beplan hul 2 om die 7de Augustus te trou.Hul was tradisioneel getroud ,maar nie in die kerk nie, vanweë die feit dat sy ʼn Christen en hy ʼn Moslem was,maar hul het nou waar beide van hul bekeerlinge is ʼn begeerte om dit in die kerk te doen.Bid saam vir hul ,dat dit sal kan realiseer soos beplan.Dit bring ons by hul peetkind,Esperança.

Ons as gesin is besig om die Here te soek om Esperança by ons in die huis te neem en deel van ons familie te maak.Esperaca word 18 in Junie.Dit is vir ons geen geringe saak nie en vra dus dat jul saam met ons hieroor sal bid.

Frans en Viorica:

Hul trouplane is nou gefinalisee na ʼn lang ruk van wag op dokkumentasie van hul 2 verskillende lande en hul onsuksesvolle poging om in Moldova te trou,trou hul nou 5 Junie in Windhoek in Namibiee.Hul het ons uitgenooi en veral gevra of Wessel vir Viorica in die kerk sal inbring in die plek van haar Pa wat nie daar sal kan wees nie en dat ons hul trouregister sal teken in die afwesigheid van haar ouers.Ons beplan dus as die Here wil om volgende week 2 Junie vanaf Menongue na Namibieë te vetrek, sodat ons die troue sal kan bywoon.Bid asseblief vir al die reëlings wat ons sal moet tref aan die kant om dit te laat realiseer.

Wessel ,more 24 Mei oppad na Luanda toe tot en met 1 Junie om 2 besoekende predikante van Suid-Afrika te gaan ondersteun rakende hul verhouding en bediening teenoor een van die Agolese kerke in Luanda.Saam met dit sal daar weer vele dokkumentasie verantwordelikhede saam gaan, bid asseblief vir sy tyd in Luanda.

Menongue:

Ons loof die Here vir Sy voorsiening van Wessel Smit wat nog tans by ons is en veral loof ons die Here vir die liefde wat Hy vir Wessel gegee het rakende landbou.Ons plant nou boorde aan,soos Tiago dit noem….28 Advokade bome ,net soveel pynaapels,ook heelwat papaja en mango bome is in die grond en dan is daar ook die voorreg om spinasie te pluk van ons eie land en een van die dae nog pampoentjies en wortels ook.Ons visdam is ook vol water met ʼn klompie kleinerige vissies en die hoenderhok vorder baie goed.Wessel Smit beplan om ons teen einde Otober te verlaat sodat hy en Anneke in die huwelik kan tree.Bid asseblief saam met ons dat die Here vir ons iemand in sy plek sal stuur wat kan help veral met die Landbou projek.

Dit bring ons by 3 eintlik 4 baie dringrnde gebedsversoeke :

1. vir ʼn Landbouer,

2. ʼn Persoon wat ons sal kan kom help met ons Admin verantwoordelikhede en

3. vir iemand wat sal kan kom help met die koőrdinering van die Bybelskool projek.

4. is ʼn gebedsversoek rakende Pieter van Wyk van Alexanderbaai..Pieter is ook reeds an ons as gesin bekend vir ʼn geruime tyd.Met ons besoek in begin van 2009 en toe weer aan die begin van 2010 het hy vir ons gese dat hy ervaar dat die Here wil hê dat hy na ons moet kom en in die besonder moet kom om vir my te help met Tiago se skoling.Hy het toe gesê hat hy homself beskikbaar stel vanaf Junie 2010.Ons het hom aangeraai om alles in orde te kry wat nodig is om na ons te kom eerrs vir ʼn tydperk van 6 maande,wat vir hom en ons kans te gee om saam die Here se bevestiging te soek of dit ʼn langer termyn “commitment” gaan wees al dan nie.Sy kerk ondersteun ook ten volle sy besluit en so ook sy ouers.Ons as gesin ervaar ook baie defnitief dat dit reg so is.So het Pieter alles in gereedheid begin kry en toe het hy ons verlede laat weet dat hy nie meer sal kan kom nie ,vanweë die feit dat hy nie die nodige finansies het nie en dat sy kerk ook nie nou finansieel instaat is om hom daarmee te help nie.Ons neem met groot versigtigheid met hierdie brief die vrymoedigheid om sy finansiele kostes te noem nl. R3,000.00 per maand asook ʼn addisionele R750 maandeliks vir die hernuwing van sy visum totdat ons sy werkspermit sal hê,maar dit neem ʼn geruime tyd om dit te kan bekom.Hy het ook sy vervoerkostes nodig vanaf Alexanderbaai na ons in Menongue en weer terug..Dankie dat ons die vrymoedigheid kon neem.Bid asb. Saam met ons vir die Here se voorsiening op Sy tyd.Ons het iemand om my te kom help met Tiago se skoling dringend nodig.

Juniemaand,veral maar ook Julie ,Augustus,Setember en Oktober is maande waarin ons vele besoekers gaan ontvang vanaf P.A Hamlet,Koue Bokkeveld,De Doorns ,selgroep van Luanda,England,Namibieë,Veritas opleiding ook van Namibieë.Bid seblief saam vir die kry van hul visums, veilige reis hierheen en hul gesondheid terwyl hul hier is.Ons loof die Here vir die vele hande wat Hy vir ons stuur om ons hande te kom vat.

Lief jul elkeen!!!!!

Mag die Here ons gereeld daaraan herinner om ons manier van leef te evalueer deur Sy oë.

Selnommer :00244 923339964 of 0044 923526358

Epos:omangola@swissmail.org

Liefde

Wessel,Joan en Tiago

No comments:

Post a Comment

HAPPY HOUR!!! Every Hour @ The Ark!!

HAPPY HOUR!!! Every Hour @ The Ark!!
Come and join us for a fresh Cuppa!